14 dae gelede
God is groter as enige virus
Verskil: Die musikant Wessel Williams reik uit na die jeug.FOTO VERSKAF  ~ 

SY OUPA het vandat hulle klein was vir hulle Bybel gelees, en hy sal altyd dankbaar wees daarvoor.

Aan die woord is Wessel Wil­liams, ’n musikant van Uitenhage.

“Ek is ’n oupa-kind. Om in die huis van die Here groot te word was ’n vreugde,” sê Wessels.

Op 16-jarige ouderdom het Wessel geleer trompet speel.

Die brigade van kaptein Franklin Daman by die kerk was sy groot inspirasie.

Wessel werk die afgelope nege jaar as ’n crane operator by Transnet. Wanneer hy naweke af is, tree hy as musikant op.

Wessel is betrokke by hulle kerk se Rose Lane-brass-orkes.

Hy sê hy wil graag die jeug in hulle dorp bemagtig deur ’n positiewe bydrae te maak en die verskil te wees in sy gemeenskap.

“Ek glo musiek bring ’n gemeenskap bymekaar en dit kan genesing bring.

“My gunstelingverse is uit Psalm 23: ‘Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie (...) Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie.”

Wessel vertel verder: “Ek is dankbaar vir Chelsey (10), die pragtige dogter wat die Here aan my toevertrou het.

Vrees

“Sy is die dryfkrag en rede dat ek elke dag opstaan en die lewe aanpak.”

Wessel se aansporing vir die jeug is: Kies jou vriende reg en vertrou net op die Here, want Hy stel nooit teleur nie. “Die Here het ons nie ’n gees van vrees gegee nie, maar van liefde, vrede en ’n nugter verstand. Ek vrees geen virus, want God is groter en in beheer.”

  • As jy nog inligting wil hê, kontak Wessel by 078 904 2339.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters