14 dae gelede
God is ál een op wie ons kan vertrou
Spencer-Jon KennedyFOTO VERSKAF  ~ 

SY KINDERS verlaat Hy nooit.

Dít glo die gospelsanger Spencer-Jon Kennedy, wie se hart oorloop van dankbaarheid, want “die Here is goed”.

Kennedy sê hy is opgewonde oor sy album The Fight is Over.

“Dit doen baie goed en word gereeld op TV en radiostasies oor die land heen gespeel.”

Kennedy sê die lockdown laat hom sy familie en vriende opnuut waardeer.

“My ma is nou ses maande oorlede. Sy en my pa is die dryfkrag en inspirasie in my lewe. Ek wil haar in die hemel gelukkig maak.

“Ons is niks sonder die Here nie. Ek weet baie mense het hul werk verloor, maar die Here praat hard. Hy wil ons nader na Hom toe trek.

“In my tienerjare het ek in die klubs musiek gemaak. Ek het vroeg besef dis nie vir my nie; daarom maak ek nou vir die Here musiek.”

Reik

Kennedy sê hy het ’n nuwe song geskryf. “God Se Plan” word binnekort uitgereik. “Dit praat van die goedheid van die Here. Al voel dit hoe donker, die Here sal ’n uitkoms gee.”

Kennedy is die musiekregisseur vir The Jesus Collective. Dié groep reik in die lockdown met kospakkies uit na mense in Ashton.

“Dit gaan nie net daaroor om mooi te sing en musiek te maak nie; ons moet ’n verskil maak in ons gemeenskap.

“Ek weet vir seker Hy verlaat sy kinders nooit nie, so plaas jou vertroue in Hom alleen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters