3 maande gelede
‘God het my toe genees’
JUBEL EN JUIG: Phillipine Morkel vier 23 jaar in die gospelmusiekbedryf.Foto: GREGORY NOBLE  ~ 

‘AS DIT nie vir die Here was nie...”

Hierdie jaar vier die talentvolle Phillipine Morkel 23 jaar in die gospelmusiekbedryf.

Sy is nog opgewonde oor haar musiekbediening en vertel die Here was deur al die storms en stryde getrou.

Morkel is bekend vir haar treffer “Die Trane van ’n Moeder”.

“Die pad was nie maklik nie, want jy is elke dag in ’n oorlog met die vyand, maar die Here gee krag.

“Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok en laat my op die rots staan.

“Dit gaan daaroor dat jy ’n persoonlike verhouding met die Here moet hê, veral op die dae wanneer jy voel jy kan nie meer nie. Hy verkwik my siel.”

Maar dinge het nie altyd goed gegaan nie.

“Toe ek verlede jaar in Namibië gaan optree het, het ek baie siek geword,” voeg Morkel by.

Met haar terugkeer na Kaapstad het sy die dokter gaan besoek en ’n groeisel is aan haar nek ontdek.

“Ek moes na die Tygerberg-hospitaal gaan vir ’n scan, maar daar het ek vir die Here gevra om vir my ’n geleentheid te skep om vir mense te getuig van sy liefde en grootheid.”

Konsert

Morkel vertel baie opgewonde: “Toe die uitslae later kom, was daar geen teken van ’n groeisel nie en God het my wonderbaarlik genees.”

Morkel hou op Saterrdag 20 Oktober ’n konsert, For Your Glory, in die AGS-kerk in Eersterivier (reg oorkant KFC).

Die konsert begin 18:00. Toegang kos R100 vir adults en R50 vir kinders.

  • Bel Joy by 072 566 7939 of Julia by 061 492 1112 vir meer inligting oor die konsert en kaartjies.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters