5 maande gelede
Gewilde sangers byeen vir groot gospelfees
OPGEWONDE: Die gewilde gospelgroep Divine Purpose is op die sangfees in Grassy Park te sien.Foto VERSKAF  ~ 

’N WARE gospelfees wag op die suide van Kaapstad.

Só vertel Reggie Booysen, die organiseerder en musiek­regisseur.

Booysen sê hy is baie opgewonde om kunstenaars bymekaar bring om soos een die naam van die Here te loof.

Booysen sê: “Toe ek deur ’n baie swaar tyd gegaan het, het ek die lied ‘Here, U is my Rots’ geskryf en weer besef jy kan nie op jouself vertrou nie.”

Hy is ook ’n lid van die gospelgroep Witness.

Sy maatskappy, Reggie B Music, in samewerking met die Lotusrivier VGK, bied op 31 Maart ’n gospelfees by die Hoërskool Fairmount in Grassy Park aan. Dit begin 16:00 en kaartjies kos R100.

Onder die gaskunstenaars is Natasha Swano, Divine Purpose, Michaela Andrews, Shamiela Snyders en Witness. Kontak Booysen by 073 455 4614.

Die Bet-El-gemeente tesame met die Rainbow Community Church van Riversdal bied op 30 Maart ’n sangaand in die Kerk van God-saal in Akasiastraat, Botrivier, aan.

Die RCC-koor en band en die Bet-El Worship Team tel onder die groepe wat gaan optree.

Kaartjies kos R25 vir volwassenes en R15 vir skoliere.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters