5 maande gelede
Gesang wek wil
geïnspireer: ’n Sionsgesang is die dryfkrag agter Brackey Miennies se tweede album.Foto: ANGELINE MARCUS  ~ 

‘EK HET ’n oproep van die Heilige Gees gekry dat ek my be­diening met sang moet hervat.”

So vertel die gospelsanger Brackey Miennies van Citrusdal, wat tussen die Cederberge en goue valleie lê.

Daar aanbid Brackey in ds. Eugene Fortuin se VGK. Brackey is ook die leier van die aanbiddingspan.

Hy sê dit was altyd sy droom om ’n gospelalbum op te neem. Daardie droom is in 2010 toe hy sy eerste album, Your Love Never Fails, opgeneem het.

Brackey vertel: “Ná baie teleur­stellings en storms in my lewe het die Here my kalmte gebied, en daarom moet ek sing van Sy getrouheid.”

Brackey sê omdat Citrusdal ’n baie klein plekkie is, is daar nie baie geleenthede nie.

“My ouma het altyd vir my die ’Sionsgesang ‘Woes Raas Die Meer’ gesing. Dié gesang het my geïnspireer om weer aan ’n nuwe album te werk.

Grootgemaak

“Dit was met die ongelooflike musikante Anrique van Wyk en Llewelin Petersen. Christopher Boois was die regisseur.

“Ons ouers het ons grootgemaak soos húl ouers hulle grootgemaak het: Met Die Bybel en die kerk, en dit het ’n stewige fondasie vir ons gelê.”

Gospelsangers wat Brackey deur die jare heen geinspireer het, is Kim Burell, Kierra Sheard en Ntokozo Mmbambo.

Brackey is einde Junie op Cape Town TV op die program Cape Vibes om oor sy nuwe album te gesels. Dit word die einde van dié maand uitgereik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters