4 maande gelede
‘Gemeenskappe kort eenheid in gebed’
Hoop: Pastoor Weldon Tiemie, Sanette Ruiters, past. Unita Pretoruis, Linda Hendricks en past. Jakes de Wee wil gemeenskappe help.  ~ Gregory Noble

“NOU is die tyd dat die breë kerk van Christus moet saamstaan in gebed.”

Só sê past. Jakes de Wee van Salt and Light International Ministries in Kraaifontein.

De Wee sê dis egter ’n baie moeilike ding, want gemeenskappe is verdeeld en daar is baie uitdagings.

“Dis ’n baie diep saak. Ons kerkleiers sal moet saamkom en veral die werkloosheid onder die jeug aanspreek.

“Dit begin by ons families. As ons in eenheid in gebed saamkom, sal die Here ons land genees. Die krisis in ons land is ’n wekroep en nou is die tyd om wakker te skrik en terug te draai na die Here toe.”

Pastoor Unita Pretorius van die Paarl, beter bekend as die Koraalvrou, sê op haar beurt vroue is baie gebroke.

“Baie kere, veral in ’n krisis, voel jy alleen en niemand gee om nie, maar wanneer jy swak is, word God se krag geopenbaar.”

Omgee

Pretorius sê hulle het verlede naweek ’n sentrum in die Paarl begin om as veilige hawe te dien.

“Dis ’n plek waar jy kan veilig voel en weet daar is mense wat omgee.”

As jy Pretorius wil kontak, bel haar by 072 188 5685. De Wee kan by 063 314 1266 gebel word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters