6 maande gelede
Geloof red Natasha se eerste CD
Swano-sang: Natasha Swano reik binnekort haar album uit. Foto: Salmon Smith  ~ 

DIE gospelsangeres Natasha Swano van Groot-Brakrivier in die Suid-Kaap stel Saterdag 27 April haar debuut-gospel-CD, Jou Geloof Het Jou Gered, bekend.

Natasha het as leerder gospel begin sing op die Hoërskool Groot-Brakrivier se gospelkonserte en in talentkompetisies.

Sy was 14 toe sy al met groot name soos Walter Brown, Julie May en Wayne Topley by Walter Brown se gospelkonsert in Groot-Brak opgetree het.

Teen die laat 1990’s het sy haar talente verder geslyp in haar dorp se gemeenskapsgospelgroep en haar kerk se worship team.

’n Paar jaar terug het sy Grassy Park toe getrek en eers nou onlangs begin werk aan haar debuut-CD.

Die CD is vervaardig deur die kitaarghoeroe Allou April.

Koperblasers

Daar is tien songs op, waarvan vyf covers is en vyf oorspronklike songs, geskryf deur April.

Onder die oorspronklike songs is die titelsnit, “Jou Geloof Het Jou Gered”, “Ek Is ’n Nuwe Skepsel” en “U Sorg Vir My”.

Die CD se bekendstelling is in die VGK in Watsonia-laan in Groot-Brakrivier.

Artists wat gaan optree, is Gregory Abrahams, Dorothy Peterson, Donovan Isaacs, Mordigai Erasmus, Alzonia Titus en die VGK se kerkkoor en koperblasers.

CD’s sal natuurlik te koop wees – teen R100 elk.

Die deure word 16:00 oopgemaak.

Toegangsgeld is R50 en kaartjies is beskikbaar by oom Pietman Davids. Belangstelledes kan hom by 072 786 2536 bel vir info.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters