2 maande gelede
Fees gee kunstenaars goeie blootstelling
KIRK ARENDSEFOTO VERSKAF  ~ 

DIE Cape Town Gospelfees word op 4 Augustus in die Athlone-stadion aangebied.

Só vertel die feesdirekteur en sakeman Kirk Arendse. Hy sê hulle is baie opgewonde oor die fees, wat gospelkunstenaars hul regmatige plek sal gee.

Hy sê die gospel speel so ’n groot rol in ons gemeenskap en dis eie aan ons kultuur. Die sangers en musikante help dus met die herstel van ’n gebroke gemeenskap.

Arendse, wat jare terug die bemarker van die gospelgroep New Birth en ander groepe in die Kaap was, sê sy hart klop steeds warm vir die gospelmusiekindustrie.

“Daar is so ’n groot leemte in die gospel-industry in die Kaap en daarom wil ons hulle help om hul musiek na die next level te vat.

“Die fees gee aan minder bekende kunstenaars die blootstelling om hul musiek verder te help ontwikkel.”

Die gaskunstenaars wat gaan optree, is Jonathan Rubain, Elwira Standili, Veronica Meyer, New Birth, Ronelle Roberts, Gregory Noble, Don Vino Prins, August van der Westhuizen, Destined en vele meer.

Vir meer inligting oor die fees, kontak vir Kirk by 021 713 3389 of 083 731 2123 of Sonja Jenniker van South African Performing Arts by 061 873 7979.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters