5 maande gelede
Droom oor ’n album is naby
DANKBAAR: Lincoln Little is baie opgewonde oor sy toekoms.FOTO VERSKAF  ~ 

HY WIL siele deur sy musiek bereik.

So vertel die gospelsanger Lincoln Little.

Hy het grootgeword in die dorpie De Doorns en woon deesdae in Parow.

“As dit nie was dat die Here aan my kant is nie, waar sou ek gewees het?” wonder hy.

“Ek is so dankbaar dat ek in die huis van die Here grootgeword het.”

Little hou veral van die sanggroep van Hillsong Church en die sangers Neville D en Riana Nel, wat ’n beoordelaar in die TV-program The Voice SA is.

Eerste

“In tye van benoudheid sing ek altyd, want dit bring my nader aan God. Ek glo in aanbidding.

“Dit was altyd my droom om ’n album op te neem en ek is dankbaar vir die wonderlike geleentheid wat op my pad gekom het.”

Sy eerste album, wat eersdaags uitgereik word, sluit liedere in soos “Where Would We Be”, “Show Them Your Face”, “Restored” en “Above Everything”.

Little aanbid by The Love Church, onder leiding van pastoor Werner Links.

“Ek is vir seker die Here leef en Hy het ons almal lief.”

Lincoln is getroud met Waynecia. Hulle is met drie kinders geseën.

Hy sê die inspirasie in sy lewe is sy ma, Eva Little, en die res van sy familie omdat hulle hom getrou ondersteun.

“Ek wil ons jeug aanmoedig deur te sê doen alles in julle vermoë om ’n sukses van julle lewe te maak en leef met ’n doel.”

  • Bel Little by 087 237 2549 vir meer inligting oor sy album en werk.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters