2 maande gelede
Dorp hou konsert
TALENT: Thereza Thys sê sy wil die Here se naam eer met sang.FOTO VERSKAF  ~ 

SY SING al van die ouderdom van drie jaar in die Sondag­skool.

So vertel die 31-jarige gospelsangeres Thereza Thys van Worcester.

“Op drie dae oud het ek my oë oopgemaak in die huis van my oom Jannie en tannie Martha van Rheenen, wat ook die pastore van ons gemeente is.

“Ek het altyd gewonder waar my regte ma is en was baie hartseer daaroor.

“Die dag toe ek uiteindelik my ma ontmoet het, was daar geen konneksie tussen ons nie. Daarna het ek berusting gekry.

“Toe ek ouer word, het my grootmaak-ouers my vertel hulle het weens omstandighede vir my gesorg en my grootgemaak.”

Thereza se video “Allerhoogste God” word gereeld op Kruiskyk TV gespeel. Haar nuwe lied “O Heer, U is getrou” word binnekort uitgereik.

Thereza wil baie graag ’n kursus in skoonheidsterapie voltooi, want dis haar passie om mense mooi te maak. Sy is getroud met Shandre en hulle is geseënd met ’n dogter, Azariah.

Die musiek van Ntokozo Mbambo en Juanita Bynum inspireer Thereza om beter te doen in die musiekbediening.

Konsert

“In moeilike tye is gebed my anker, en lof en aanbidding is die wapen om vestings neer te werp.”

Sy hou op 28 April ’n konsert, “Praise to our King”, in die Christ Community Church in Worcester. Dit begin 17:00 en kaartjies kos R40.

Die gaskunstenaars wat gaan optree, sluit Colin Mitchells, Helena Goliath en Nita Hendricksin.

  • Bel Thereza by 072 813 0351.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters