3 maande gelede
Dié Musikant het hope optimisme
Jehane TotaFOTO VERSKAF  ~ 

HAAR gospel-ster skyn helder en sy bied hoop met haar klanke.

Dis nou die musikant en koortjieleier Jehane Tota van Vredendal.

Tota sê: “Soms druk die lewe ’n mens so, jy voel soos ’n pakesel wat net laste dra, maar onthou: Die Here sal jou nooit weggooi nie.

“Ook nie alles wat esels dra, is laste nie; een het selfs die Koning van Konings gedra.

“So, aanvaar jou laste, want jou tyd sal aanbreek en dan sal die Here se salwing die druk verlig.”

Tota se eerste lied was “Here, Help My”. Haar tweede een, “Die Hand van die Here Rus op My”, het baie harte diep geroer.

Inspireer

Tota het die keyboard leer speel toe sy net sewe jaar oud was. Haar leermeester was Jason Claassen.

Gospelsangers wat Tota inspireer is Charisma Hanekam en Charnell Hoogbaard van Slangrivier.

Tota gee bemoediging: “Vind jou hoop in die Here, want wanneer Sy Hand op jou lewe rus, verrig Hy wonders daarmee.

“My hart loop oor van dankbaarheid teenoor my ouers, Sandra en Johannes, en vir Anzelle Jacobs, Sonja Coetzee, profeet Zavier, profetes Januarie, Enrico Snyders, Wendy Heyns, Rozelda Louw en Mirelda Josephs vir hul onder­steuning.

“My musiek het baie gegroei by Life Embassy. Ek is dankbaar vir die vertroue wat hulle in my stel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters