2 maande gelede
‘Die Here se werk is nie maklik nie’
reik uit: Past. Alvin Olivier en sy vrou, Lizette, met hulle kinders. FOTO VERSKAF  ~ 

“WANNEER jy niks oorhet nie maar jy het God, dan is dit genoeg.”

Só sê past. Alvin Olivier van The Rock Fellowship.

“Ons is baie opgewonde oor wat die Here in ons gemeente doen,” vertel Olivier.

“Die kerk reik gereeld uit na gemeenskappe waar ons tekkies en kos uitdeel. Die behoeftes is baie groot en kosbare lewens word hierdeur verander.

“Die dood van my neef het my geweldig geruk en weereens laat besef dat sonder die Here in ons lewe is ons niks.

“Tydens sy begrafnis het daar 22 siele na die Here gekom en ons gee God ál die eer vir die verskil wat ons daagliks ervaar.”

Volgens Olivier is die werk van die Here nie altyd maklik nie.

“Jy moet jou kop heeltyd af hou en bou aan ’n gemeenskap wat die Here nodig het,” verduidelik Olivier.

“Elke Sondag moet ons gemeente van saal na saal beweeg. Baiekeer sukkel ons om die gemeente by die kerk te kry.

“Ons mense is werkloos en behuising is ’n groot probleem, maar ten spyte daarvan wil ons ’n tuiste van liefde skep.”

  • Die kerk het vandag ’n bekendstellingsdiens waarheen almal hartlik uitgenooi word.

Dit begin 17:00 by die Sekondêre Skool Belhar, Suikerbossiestraat 2, Belhar.

Kontak Olivier gerus by 076 011 7466 of Anita Webster by 066 472 6386.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters