6 maande gelede
Dié groep is vir eenheid
front teen verdeeldheid: Worship As One is Lueciano Mack, Alda Swart, Bradley Klein en Tom-Lee Maya.Foto verskaf  ~ 

DIE gospel-groep Worship As One is slaggereed om die “evangelie van hoop” deur lof en aanbidding in Atlantis te verkondig.

Die vier lede van Worship As One is Tom-Lee Maya, Alda Swart, Lueciano Mack en Bradley Klein.

Hulle hou binnekort ’n gospelkonsert. Maya sê dit gaan alles oor die Here.

Hy voorsien: “Die gemeenskap gaan as ’n eenheid byeenkom om die Here te loof en te prys.

Swart sê: “Ons wil alle nasies byeenbring en die naam van die Here groot maak.”

Mack sê: “Ons wil ’n ope forum skep waarop mense van verskillende agtergronde na mekaar kan uitreik.

Oorwin

“Deur die naam van Jesus sal dinge in die land verander en deur lof en aanbidding met musiek kom bevryding.”

Klein sê dis vir hulle as groep belangrik dat almal hande moet vat om die bose te oorwin.

Klein voeg by: “Ons het Alda, wat oorspronklik van Pretoria is, een aand by ’n huisbiduur ontmoet.

“Daar was onmiddellik ’n konneksie en dis hoekom ons besluit het om die groep te stig.

“Dis ons hartsbegeerte om die mure wat ons vir jare van mekaar geskei het, af te breek.”

Worship As One bied ’n gratis show op 16 Junie in die Saxonsea-gemeenskapsaal in Atlantis.

Die deure word 16:00 oopgegooi en die konsert begin 17:00.

Bel Swart by 082 456 0723 of Mack by 073 400 4784 vir meer inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters