6 maande gelede
Bailey is terug met nuwe songs
COMEBACK: Roland Bailey is gereed om weer te sing.FOTO VERSKAF  ~ 

HY WAS ag jaar lank stil in die gospelmusiek-bedryf, maar nou is hy weer opgewonde om te kan sing.

Die gospelsanger en pastoor Roland­ Bailey van Elsiesrivier sê sy nuwe CD met die title track Die Hand van die Here is deur die Heilige Gees geïnspireer.

Die ander liedjies op sy kort CD is “Victory” en “Conquer”.

“God was nog altyd daar vir my deur die moeilike tye.

“Ek onthou toe my seun twee jaar oud was, het hy in die was­masjien beland. Al was dit net vir twee minute, kon dinge soveel anders gewees het.

“Die Here was vir ons goed. Vandag is my seun perdfris en gesond. Ek loof die Here vir sy goedheid.”

Hy sê sy vrou, Mymoena, en kinders is sy groot dryfkrag in die lewe. “Hulle is die ankers as die storms woed.”

Bailey hou op 3 Maart 18:00 ’n comeback-konsert by die Barucha Haba Christian Centre in Bi­shop Lavis. Die kaartjies kos R60.

Die gaskunstenaars is Gerald Maarman, Shawn George, Joshua Jansen, Chantel Hess en die gasspreker is die skrywer Christiaan de Waal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters