2 maande gelede
Apostel sê dis nou tyd om terug te draai na die Here toe
EINDTYD: Apostel Martin Burke en sy vrou, Dawn, leef vir God.  ~ Verskaf

DIS tyd om terug te draai na die Here, sê apostel Martin Burke van die Kingdom of God Ministries International in Kuilsrivier.

Hy glo in dié tyd van die Covid-19-pandemie moet die kerk bid en mense moet hulle verneder voor die Here. “Net dán sal God die wêreld genees. Ons leef in die laaste dae, maar die Here het belowe Hy sal met ons wees.”

By Son op Sondag se besoek aan die kerk laas Sondag het die gemeente gehoor gegee aan pres. Cyril Ramaphosa se versoek.

Twee dienste, elk met minder as 100 mense, is gehou. Lidmate het ’n meter uitmekaar gesit.

Ná die diens is daar soos gewoonlik met ’n bord kos uitgereik na behoeftiges in die gemeenskap.

“Ek weet ons bevind ons in ’n krisistyd, maar ons is nie verlore nie. Die Here gaan ons deurdra.

“Kom ons wandel in gehoorsaamheid, dan gaan die Here ons seën,” sê Burke.

Die gospelsanger Cheswin Ruiters sê die feit dat gigs gekanselleer of uitgestel is, maak dinge moeilik.

“Maar wat kan jy doen? Jy weet mos nie wie het die virus nie. Maar aan die ander kant kan jy ook nou werk aan nuwe songs gedurende die 21 dae lange lockdown.

“Dit is ’n toets en die kerk gaan dit maak, want ons spreek van lewe en stap in ons oorwinning,” meen Ruiters.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters