2 jaar gelede
Smaaklike garnale met rys en groente resepte
Seekosgereg: Hierdie garnale-dis sal die monde laat water. FOTO VERSKAF  ~ 

Bestanddele:

30 mF vis-masala

30 mF suurlemoensap

30 mF knoffelpasta

15 mF kookolie

10 mF sojasous

400 g pienk garnale, gewas en derms deeglik verwyder

40 g botter

1 bossie koljanderblare, fyngekap

Gegeurde rys:

250 mF basmati-rys

½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

½ groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

½ geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

6 sampioene, in skyfies gesny

5 mF knoffelpasta

1 klein kop broccoli, in klein florette gebreek en gekook.

Metode:

Meng die bestanddele vir die masala-pasta in ’n mengbak.

Was die garnale deeglik en dreineer.

Sny ’n keep in die rugkant van die garnale en verwyder die dermpies.

Smeer van die masalapasta in die kepe op die garnale se rugkant. Hou eenkant.

Verhit die botter in ’n pan en braai die garnale aan elke kant.

Voeg die gekapte koljanderblare by die garnale terwyl dit braai. Verwyder die pan van die hitte en hou warm.

Kook intussen die rys in soutwater met ’n bietjie borrie by vir kleur.

Verhit die oorblywende botter in ’n groot pan en braai die soetrissies, sampioene en knoffelpasta tot gaar.

Roer die gaar broccoli deur die groente en voeg dan die rys by. Indien verkies, kan jy ook gebraaide aartappels byvoeg.

Skep die rys op ’n dienbord en die garnale bo-op.

Jy kan hierdie dis saam met ’n uieslaai bedien.

DIÉ week plaas ons ’n resep uit Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kookboek, Kook saam Kaaps, wat pas deur ­Lapa ­Uitgewers ge­publiseer is.

As jy ’n resep het wat jy met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om jou resep neer te skryf en foto’s van die eindproduk in Son op Sondag te plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters