Verlede jaar
Skorsies gevul met kaas, neute en kruie resepte
Heerlik: Dié gevulde skorsies is gesond, smaaklik en maklik om te maak. Dit gaan goed saam met braaivleis. FOTO VERSKAF  ~ 

AS JY jou gewig dophou, is dié ’n perfekte bykos vir ’n braai.

Bestanddele:

4 gekookte skorsies

5 mF (1 t.) verhelderde botter (ghee)

120 g taleggio-kaas

100 g pekanneute, gerooster

5 g vars roosmaryn

10 mF (2 t.) balsemieke asyn

Himalaja-sout

swartpeper

vars kruie

Metode:

Verhit die oond tot 200 ºC. Laat die skorsies afkoel. Halveer dit en haal die saad uit.

Sit die skorsies op ’n roosterrak en skep ’n bietjie verhelderde botter op elkeen.

Strooi kaas, pekanneute en vars roosmaryn oor die skorsies. Bak vir sowat 10 minute in die oond of tot goudbruin.

Opdiening:

Sprinkel balsemieke asyn en sout en peper na smaak oor en sit warm voor met vars kruie.

Wenk:

Gebruik gewone botter as jy nie verhelderder botter het nie. Jy kan ook bloukaas of parmesaan gebruik as jy nie taleggio-kaas het nie.

DIÉ week plaas ons ’n resep uit Media24 se dieettydskrif Lose It!. Hierdie heerlike skorsies is veral geskik as gesonde bykos by enige braai.

As jy ’n resep het wat jy met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om jou resep neer te skryf en foto’s van die eindproduk in Son op Sondag te plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters