2 jaar gelede
Pienk quinoa-slaai met pikant-rissies resepte
Gesond: Dié pienk slaai lyk nie net fraai nie, dis ook voedsaam. FOTO’s VERSKAF  ~ 

HIERDIE mooi pienk quinoa-slaai is propvol geur en vars bestanddele. Dis ideaal saam met braaivleis. Die slaai is genoeg vir vier mense. Dit sal 10 minute vat om alles gereed te kry en die kooktyd is sowat 20 minute.

Bestanddele:

250 mF (1 k.) quinoa

4 gekookte bete en beetsap (indien jy vakuumverpakte beet gebruik)

8 matige pikant-rissies van Peppadew ®

250 mF (1 k.) geroosterde botterskorsies (butternut)

30 mF (2 e.) vars ment, gekap

As garnering:

feta-kaas, amandel-vlokkies en granaatsaad (opsioneel)

Metode:

1. Kook die quinoa volgens die aanwysings en laat dit afkoel wanneer gaar.

2. Sny beet in skywe en voeg met beetsap by quinoa. Roer dit in by die quinoa terwyl dit afkoel sodat die quinoa pienk word. Sny Peppadew- pikant-rissies en botterskorsies in stukke en voeg alles saam in ’n groot slaaibak.

3. Kap ment rofweg en roer deur slaai voor opdiening.

4. Garneer met gekrummelde feta-kaas, granaatsade en gevlokte amandels.

5. Sit voor as hoofdis of bykos.

  • Quinoa, ’n saadgewas uit Suid-Amerika, is algemeen in ons supermarkte beskikbaar.

DIE Britse bloggers Jemma van celeryandcupcakes.com en Becca van amuse-your-bouche.com het dit geniet om resepte te skep vir die SA pikantrissie-handelsmerk, Peppadew. Probeer dit gerus! As jy jou resep met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om dit neer te skryf en foto’s te neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters