2 jaar gelede
Botterskorsie-pizza met pikante topping resepte
cripsy lekkerte: Hierdie butternut-pizza met rooiwarm Peppadew-rissies is ’n heerlike treat.FOTO VERSKAF  ~ 

DIS tricky om vas te stel wat dié pizza so ongelooflik maak. ’n Paar eenvoudige toppings kom net in perfekte harmonie bymekaar.

Dit sal sowat 25 minute vat om alles gereed te kry en hoogstens 40 minute om te bak. Lewer genoeg vir tot drie mense.

Bestanddele:

200 g (byna 1 k.) vlees van ’n botterskorsie, in blokkies gesny

15 mF (1 e.) olie

Sout

Swartpeper

350 g pizza-deeg (genoeg vir ’n pizza van 30 cm x 23 cm)

23 mF (1½ e.) rooi pesto (soos tamatie-en-rissiegeur)

120 g (sowat 1 k.) mozzarella- en/of cheddarkaas, gerasper

60 g (so ½ k.) hot Peppadew-pikantrissies, grofweg gekap

15 g (so ½ k.) boerkool (curly kale), grofweg gekap.

Metode:

1. Verhit die oond tot 190 °C.

2. Skud die blokkies botterskorsie saam met olie, asook sout en peper na smaak, om dit te bedek. Versprei dit in ’n enkele laag op ’n bakplaat. Oondbraai sowat 30 minute – en skud dit weer halfpad in die proses – totdat die blokkies sag is en net begin cripsy raak.

3. Smeer of sproei ’n bakplaat intussen liggies met olie. Rol of rek die deeg uit tot die bakplaat se grootte.

4. Smeer pesto oor die deeg en bedek met kaas. Voeg pikantrissies, boerkool en botterskorsies by. Bak sowat 30 minute tot die kors krakerig en die kaas goudbruin is.

DIE Britse bloggers Jemma van celeryandcupcakes.com en Becca van amuse-your-bouche.com het dit geniet om resepte te skep vir die SA pikantrissie-handelsmerk, Peppadew. Beproef dit gerus! As jy jou resep ook met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om dit neer te skryf en foto’s te neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters