3 maande gelede
Beefed-up favorite sal pense laat juig
KRY SKOON BIEF-ERASIE: Corned Meat gee jou macaroni en kaas ekstra geur.FOTO VERSKAF  ~ 

NIKS kom naby die ab­solute lekkerte van mac & cheese nie. Dis maklik om te maak, en met boeliebief daarby gaan dit ekstra-geurig en -heilsaam wees.

BESTANDDELE

sonneblomolie

1 ui, gekap

1 x 300 g-blik Bull Brand Corn­ed Meat, in klein blokkies gesny

50 g tamatiepasta

1 x 500 g-pak macaroni, gekook en dreineer

500 ml (2 k.) gerasperde cheddar

1-2 tamaties, in skywe gesny (as jy dit wil byvoeg)

500 ml (2 k.) melk

4 eiers, geklits

sout en peper

METODE

1. Verhit van die olie in ’n kastrol. Braai die ui daarin tot sag en goudbruin. Voeg die Bull Brand Corned Meat en tamatiepasta by. Braai sowat 5 minute totdat die vleis fyn is.

2. Gooi die gaar macaroni in ’n gesmeerde oondvaste bak. Skep die vleismengsel daaroor en voeg ¾ van die kaas by. Meng liggies, maak die oppervlak gelyk en pak die tamatieskywe daarop, as jy dit gebruik.

3. Klits die melk en eiers saam en geur na smaak met die sout en peper. Giet oor die macaroni-mengsel en sprinkel die res van die kaas bo-op.

4. Voorverhit die oond. Bak die dis sowat 40 minute teen 180 °C of totdat die eier gestol het. Verwyder van die oond en sit met tamatiesous voor.

DIT is nou – uiteindelik – die maand van die liefde, maar ná ’n superlang Januworry moet ’n mens steeds jou sente omdraai. Hier is nog ’n lekker gereg wat jou beursie ’n breather sal gee, want dit kos nie ’n arm en ’n been nie. Boonop gebruik jy Bull Brand-boeliebief vir dié dis, ’n stapelvoedsel in menige huis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters