2 maande gelede
Jy kan nie deur kameralens leef
 ~ 

SIELKUNDIGES noem dit digitale­ narcisme. Dis glo ’n verslawing aan die plaas van selfies op sosiale media en die eerste slagoffer, ene Danny Bowman, van die Verenigde Koninkryk, het behandeling daarvoor gekry.

Hy was as tiener so obsessief om die perfekte selfie te neem dat toe hy dit nie regkry nie, het hy sy lewe probeer neem.

Ons ken almal daai een persoon wat net nie kan ophou om in die kamerafoon te pose nie. Dis ’n ge-pout van die môre tot die aand – in die kar, uit die shower, met die kos, by die paartie, in die toilet.

Ons moet elke mood witness – #FeelingSad­, #KindaHungry #OnFleek. Dis mos wanneer ek wil terugskryf – en ek weet dit het niks met my te doen nie hô – #GAL, oftewel get a life.

Wat ek nou doen om myself teen die avalanche van foto’s te beskerm, is om hul notifications te mute. Ons vergeet baie van die foto’s op sosiale media is ook posing en pretending. Mense maak asof hulle so ’n grênd lewe lei met geld wat groei aan bome, maar die skuldlas word nie getwiet of ge-post nie. Jy kan mos nie jou lewe deur ’n kameralens leef nie.

Jy sien dit veral op #nextlevel­-obsessie by konserte. Jy het cool kaartjies, soms front seats, maar dan haal sy steeds die foon uit en record die show terwyl sy live daar sit. Ek skud net my kop.

Ek sit dié week in die plane besig om my neus te blaas, toe vra my fellow passenger ’n selfie. Nie eens ’n “God bless you” toe ek nies nie, maar soek ’n photo.

Danny Boy (23) was so verslaaf daaraan om die “perfekte” selfie te kliek dat hy binne tien uur meer as 200 selfies geneem het. Hy word wakker, kliek-kliek-kliek, filter – tien foto’s op sy photo reel.

Dit was so erg dat hy 13 kg verloor het, uit die skool gebly het en vir ses maande nie uit die huis wou gaan nie, want die perfect pic bly hom ontwyk.

En dit oor ’n foto! Ons vergeet sosiale media soos Facebook en Instagram is virtuele wêrelde. Mense skep fake lives en profiele, want hulle wil aanvaar word, ly aan FOMO (fear of missing out) en hulle maak asof hul kunsmatige lewe the real thing is.

Ons stomp af en verloor die vaardigheid om net lekker te kuier en te gesels en in mekaar se oë te kyk. Daar is nou ook meer gevalle van chroniese nekkwale wat aangemeld word, want mense se koppe hang slap van vooroor leun, oë op skrefies en kyk na ’n skermpie.

Danny was gatvol van sukkel om die perfekte beeld op sy kamerafoon vas te lê. Toe overdose hy. Gelukkig was sy ma darem by die huis.

Die selfie-nemery word glo gekoppel aan ’n afwyking en obsessie met jou selfbeeld en lyf. Danny het kognitiewe gedragsterapie gekry as deel van die behandeling.

Hulle moes hom afspeen. Hulle het sy foon eers vir tien minute op ’n slag weggeneem, toe ’n halfuur en mettertyd tot ’n uur. Dié tipe verslawing neem toe en plaas druk op jong mense om die volgende Beyoncé te wees of om die Kardashian lifestyle te kloon. Die sin en genot van die lewe gaan hulle verby. Om 70 000 followers te hê, 1 000 likes en ’n miljoen views op YouTube moenie die maatstaf wees dat jy ’n stunning mens is nie.

LYNETTE FRANCIS, aanbieder van die aktualiteitsprogram Fokus op SABC2 en die geselsprogram Praat Saam op RSG, gee haar indrukke oor die mense wat op haar pad kom en die onder­werpe waaroor hulle gesels.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters