2 maande gelede
Geen genade vir pa’s wat abuse
 ~ 

VADERSDAG... Nee, ons gaan liefs nie gal braak oor die pa’s wat nie teenwoordig is in hul kinders se lewe nie. Ons praat oor mans wat vir kinders ’n vader­figuur is en dan dié posisie misbruik.

Dis Sondag en daar is sekere sondes waaroor ons net nie meer kan stilbly nie, no matter the day. Dit gaan nie daaroor om die Opperwese se reputasie te beskerm nie, maar wel oor die vele voete van klei wat geloof misbruik vir hul eie bevrediging.

Ons weet daar is talle afvallige priesters, pastore en “heiliges” in geloofsinstellings wat jong seuns en meisies groom en hul goedgelowigheid en vertroue misbruik.

Op 31 Mei het pous Franciskus die eerste pous geword wat in die openbaar die kultuur van misbruik en toesmeerdery binne die Katolieke Kerk veroordeel het.

Dít volg op ’n ondersoek oor voorvalle van misbruik in Chili. Hy het in ’n brief van agt bladsye aan die Chilene geskryf dat kerkleiers slagoffers se verhale nie met die nodige erns hanteer het nie. Dit is waarom seksuele misbruik kon voortgaan.

Dis in daardie gees van luister en optree dat monsignor Carlo Capella ná ’n twee jaar lange ondersoek in ’n sel in die Vatikaanstad sit ná bewerings van die besit en verspreiding van hordes beelde van kindermisbruik en -pornografie. Hy’t dit glo oor die Kerstyd in 2016 van ’n webblad afgelaai. Sy verhoor begin op 22 Junie.

  • Die misbruik kom op alle terreine voor. Hy het op sewe aanklagte van onder meer verkragting, prostitusie en kinderpornografie verskyn.

Die kind se ma is oorlede en hy’t haar volgens gemeenskapslede die afgelope vyf jaar herhaaldelik verkrag.

Ons gaan ook nie vandag verwys na die afrigters van sportspanne, Boy Scout-leiers of onnies wat predators is nie.

Die hoopvolle nuus is die grondverskuiwende, geskiedkundige gebeurtenis dié week in ons konstitusionele hof. Dis ’n oorwinning vir die slagoffers van seksuele misbruik.

’n Beslissing van die Suid-Gautengse hooggeregshof is bekragtig dat daar nie meer ’n vervaldatum van 20 jaar vir die vervolging van seksuele misdade gaan wees nie. Dit is nietig verklaar.

Die hooggeregshof het vroeër artikel 18 van die Strafproseswet ongrondwetlik verklaar nadat vermeende slagoffers van die oorlede miljardêr Sidney Frankel dit betwis het. Hulle is almal Suid-Afrikaners wat nou reg oor die wêreld woon. Hulle is volwassenes, maar die gedeelde pyn van hul oor­treder het hulle saamgesnoer en hulle was vasbeslote – die waarheid moes uit.

Hulle was tussen 6 en 15 jaar oud toe die beweerde misdrywe gebeur het. In 2012 het hulle siviele en strafregtelike gedinge teen Frankel aanhangig gemaak.

Dit beteken slagoffers van seksuele abuse – al is hulle ouer – kan steeds sake maak al het dit 30 jaar gelede gebeur.

Slagoffers sal vir jou sê dit is trauma wat nooit werklik “weggaan” of vergete raak nie. Almal cope op hul eie manier.

Die parlement moet binne twee jaar die grondwetlike gebreke en leemtes regstel.

Dalk moet die Anglikaanse Kerk ook hand in eie boesem steek oor dekades van swye oor abuse. Daar was al in Maart sprake dat slagoffers te lank wag vir justice.

LYNETTE FRANCIS, aanbieder van die aktualiteitsprogram Fokus op SABC2 en die geselsprogram Praat Saam op RSG, gee haar indrukke oor die mense wat op haar pad kom en die onder­werpe waaroor hulle gesels.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters