8 maande gelede
DA gaan in 2019 oral bullets poep
 ~ 

MAY I have your attention please?

May I have your attention please?

Will the real Slim Shady please stand up?

I repeat, will the real Slim Shady please stand up?

We’re going to have a problem here.

So sing Eminem in The Real Slim Shady. En dis wat ek sing toe ek oor die DA se dompelings Vrydag dink. Shêm.

Soos dinge vir my lyk gaan die DA (in die Wes-Kaap en nasionaal) in 2019 bullets poep. Hulle sal so baie skadebeheer moet toepas as die fallout van Patricia de Lille en Helen Zille begin spook.

Hierdie keer sal die DA nie agter die swak bestuur van Ubaba kan skuil nie.

Die DA wend hom herhaaldelik tot die hof en kritiseer ander partye as korrupsiewolkies in die lug hang. Maar hy vra dat sy raadslede poligraaftoetse aflê wanneer hy vermoed hulle is nie lojaal aan party­politiek nie. Dubbele standaarde, perhaps?

Op skool was ’n juffrou wat, as jy in haar mond gemors of haar onderbreek het, teruggekap het met: “Moenie van my mond ’n kêffie (café) maak nie.”

Nou soe. Die comrades wat hul lywe so Brutus hou, moet weet Antie Pat weet van terugbaklei.

Sommige sê sy is ’n streetfighter, van haar PAC-dae af. Glo haar as sy dreig met lawyers en die konstitusionele hof en hoe ander se files uitgehaal gaan word.

Die storie loop al lank sterk van faksies binne die DA in die Wes-Kaap.

De Lille noem die ondersoek na haar “onregverdig” en sê dit steun te veel op ’n dokument van John Steenhuisen.

’n Ondersoek deur ’n onafhanklike party, Bowman Gilfillan, bevat glo plofbare inligting wat Antie Pat se politieke loopbaan sal beëindig. Maar daar is ook vrae oor dié party se onafhanklikheid, want die persoon wat na bewering die “buiteparty” gekeur het, Craig Kesson, is glo ook die “fluitjieblaser”.

Oe, laat ons nie eens praat oor die gerugte van wie spanning met Antie Pat opgetel het nie (JP Smith is ’n naam wat genoem word) omdat hulle glo mayoral aspirations het. Maar ’n mens moet ook nie alles glo wat jy in die klopskamer afluister nie.

Die Kaapse burgemeester laat haar nie van stryk bring nie.

Vrydag se opvolgvergadering van die DA-raad agter geslote deure het ons herinner aan onthullings oor beweerde onreëlmatighede met haar huis in Pinelands en dat sy, Achmat Ebrahim en Melissa Whitehead glo tenderbedrog gepleeg het. Nogal ten bedrae van R43 miljoen.

Die DA in die Wes-Kaap het hom nog altyd geroem op skoon administrasie en veral gebrêgh oor die Stad Kaapstad.

Kiesers is nie stupid nie, al is hulle soms gullible oor hul partye se koesiester-verklarings oor eenheid, transformasie en caring for the poor.

Dis nie verdagmakery dat daar, soos by die ANC, verskillende agendas is nie. Moet net nie huigel en dit ontken nie.

Die DA moet onthou waarom hy Patricia de Lille, Helen Zille en Lindiwe Mazibuko destyds die poster women van sy veldtogte gemaak het … en aan ’n nuwe spin begin dink, want 2019 wink.

LYNETTE FRANCIS, aanbieder van die aktualiteitsprogram Fokus op SABC2 en die geselsprogram Praat Saam op RSG, gee haar indrukke oor die mense wat op haar pad kom en die onderwerpe waaroor hulle gesels.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters