4 maande gelede
Belinda se show bring nostalgie
Belinda Davids  ~ 

DALK is dit die winter, dalk is dit heimwee, maar Belinda Davids se Whitney Houston tribute show dié week by Emperors Palace het my nostalgies aan my skooldae laat dink.

Ek onthou hoe ek in matriek voor die radio gelê en die lirieke van Whitney songs in so ’n swart song book met foto’tjies neergeskryf het. Dit was die dae toe jy nog die hele radio-show op Good Hope getape het. En as jy dit weer beluister, dan fast-forward jy verby Dmitri Jegels, want jy wil die songs hoor.

Ek het dieselfde nou die aand gedoen. “I Have Nothing”, “I’m Every Woman” en “How Will I Know” het herinneringe laat terugflits. Ek was hees gesing en het geweet ek moes nog die volgende oggend uitsaai, maar as ek eers Whitney in my makeshift mike ( my vuis of haarborsel) channel, dan is dit over.

Jare gelede toe ek nog in die Kaap was, het ons vriendin Merentia se verjaardag op Signal Hill gevier. So lief ek Meraai het, was my highlight die Whitney karaoke op die screen. Ek was in my element en ek, Anthea en Lynn het oor daai mike baklei.

Jy weet mos, ons almal dink ons kan Whitney beter as die ander ene doen.

Maar Belinda Davids, tribute-sangeres van die Baai, is die ultimate Whitney. Ek wil sommer nou buig voor dié vrou se stage presence en vocal range. Sy verstaan die meeste van ons se obsessie met Whitney in die 1980’s, want sy was net so ’n fan. Soseer dat sy haar nageboots het in styl, sang en beweging.

Belinda het as sesjarige al begin sing in die kerk. Sy het haar eie solo-loopbaan hier gehad voordat sy Whitney begin naboots het.

Dit was drie maande van voorbereiding om Whitney se fynere gebare te leer. En ons as gehoor is krities, want ons weet mos hoe Whitney ons met ’n noot hemel toe kon dra.

Belinda beweeg maklik tussen haar Whitney perfor­m­ance, maar behou haar eie persoonlikheid tydens haar vertoning.

By Emperors se openingsaand het sy tussen die gehoor beweeg en ek kon sweer daar is een of twee wat gaan faint.

Sy is ’n mooi vrou, hô. Een ou van in die 30 het gedink sy’s sy portuur, maar ek moes hom sê hy sal haar Ben 10 wees.

Belinda het al skouers geskuur met Keri Hilson, Monica, Johnny Gil en ander groot name, maar sy maak ’n punt daarvan om te sê sy is ’n Baaienaar.

Tipies fan skreeu ’n stem uit die gehoor: “Ek is ook ’n Baaienaar!”

Nou soe. Daar is goeie rede om trots te wees op Belinda. Die show se einde was treffend. Sy was in ’n wit rok geklee en het “I Will Always Love You” uit The Bodyguard gesing. My hart het byna gaan staan, want hoeveel keer het ons nie daai noot aan die einde probeer hou nie?

Sy vertel dis wonderlik om tuis te wees en voor “haar mense” op te tree; sy’s trots om te represent en ons moenie vergeet sy’s coloured nie. Dalk is daar ’n meisietjie van Gelvandale of Bishop Lavis wat note vat. Belinda kon, Paxton kon. Jy kan ook.

LYNETTE FRANCIS, aanbieder van die aktualiteitsprogram Fokus op SABC2 en die geselsprogram Praat Saam op RSG, gee haar indrukke oor die mense wat op haar pad kom en die onder­werpe waaroor hulle gesels.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters