Verlede maand
Oop skole 'n groot worry
skool
Foto ter illustrasie: Jonathan Lestrade  ~ 

OP DIE album Careless Love­ van Madeleine Peyroux sing sy die Leonard Cohen song “Dance Me to the End of Love”.

Cohen het die lied op die album Various Positions opgeneem.

Thalia Zedek sing ook haar weergawe op die album Been Here and Gone.

Die Holocaust het Cohen geïnspireer om die song te skryf.

Hy was nie daar nie, maar hy kon die gebeure in sy verbeelding sien afspeel.

Deur na mense se getuienis te luister en navorsing te doen, het hy die lirieke en musiek geskryf.

Elke jaar pause die wêreld om die impak van die Jodeslagting in herinnering te roep.

Daar was kampe van die dood oral in Europa.

Mense is van hul identiteit gestroop en het ’n nommer geword.

Hulle het gifgasse in gaskamers ingeasem en in hul miljoene gesterf.

Die moordenaar het van agter ’n gasmasker toegekyk hoe gif die suurstof verswelg en die lewe uit die gevangenes wurg.

Dit was voorwaar ’n gevaarlike plek om asem te haal.

Cohen se hartseermusiek sluit by die lirieke aan:

Dance me through the panic till I’m gathered safely in.

Dance me to the end of love…

Leerders se ouers weet nie of hulle moet asemhaal of nie.

Onse minister van basiese onderwys, Angie “Mama Codiv-19” Motshekga, tesame met die Covid-19-party het besluit dis terug klaskamer toe vir graad 7- en graad 12-leerders.

Dit was egter ’n groot skok vir sommige ouers en belangegroepe in die onderwys om dít te hoor.

Want hoe kan ’n minister dan nou sê dat sy nie kan waarborg dat nie een van die leerders sal sterf nie.

Kwessie

Sy verwys natuurlik na die wêreldwye effek wat die Covid-19-pandemie op die mensdom het.

Aan die ander kant probeer die regering ons verseker dat hy van ander lande “geleer” het hoe om dié kwessie te bestuur.

Ek wonder wat het hy geleer?

Ons parlement se deure, waar volwasse ringkoppe mekaar spoegbek aanvat, is egter gegrendel.

Ons vra mooi dat Mama Angie tog aan ons die logika agter so ’n besluit moet verduidelik.

In dié tyd van onsekerheid – wat het geword van mutatis mutandis (die nodige veranderinge)?

Die skrywer en politikus CJ Langenhoven het gesê: “Soos ’n skeermes in die hande van ’n aap, so is geleerdheid in die kop van ’n dwaas.”

En terwyl ek oppit is, laat ek skryf soos die wyse Bob Marley gesê het: “Who da cap fits, let ’em wear it.”

Die Covid-19-pandemie dra nie ’n “mask of friendliness” nie en daarom behoort leerders nie as picadors (matador-assistente) gebruik te word nie.

Bring in die matadors wat nóú ’n wit vlag van buitekant af swaai.

Die wêreld is ’n ruk gelede tot stilstand geruk, want die as waarom die aardbol spin, het morsaf gebreek.

Bob Marley and the Wailers het gesing dat die “Babylon system” inmekaar getuimel het.

Tell the children the truth

Tell the children the truth…

Wanneer leerders op 1 Junie aanmeld vir hul klasse, moet ouers nie met angs gevul wees nie.

Ons almal weet dat hierdie land swaar steun op sy geskiedenis van die bevrydingstryd.

En wanneer dit swaar gaan en ongekende tye ons in die gesig staar, gryp ons na die intellektuele nalatenskap van groot leiers soos Nelson Mandela.

Pleit

Hy het gesê: “Education is the most powerful weapon you can use to change the world.”

Bekommerde ouers pleit egter dat die besluit om skooldeure oop te maak, ons van ’n hartseer oomblik spaar. Een wat nie soos die Cohen song “Hallelujah” klink nie.

I did my best, it wasn’t much

I couldn’t feel, so I tried to touch

I’ve told the truth, I didn’t come to fool you

And even though it all went wrong

I’ll stand before the Lord of Song

With nothing on my tongue but Hallelujah.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters