2 maande gelede
Bendes hou Wes-Kaap gyselaar
army,weermag,sandf
Die groter probleem is om almal te laat saamwerk.  ~ Verskaf

MZANSI se townships is waarskynlik nes Rio de Janeiro se favelas, waar die gangs skadu-regerings is.

Dwelms is daar – nes hier – die grootste handelsartikel. Die rede waarom township-inwoners huiwer om misdaad aan te meld, is dalk dieselfde as dié van die favela-inwoners.

In Rio subsidieer bendes elektrisiteit, hulle herstel paaie, reël gemeenskapsaktiwiteite, voed die armes en verskaf ’n sosiale netwerk.

Soos in Brasilië gaan dienslewering in Mzansi townships net agteruit – en die bendes vervul die rol van die regering.

Die bendes steun gemeenskappe natuurlik nie uit die goedheid van hulle hart nie. Nes die regering verhaal die gangs belasting vir hulle moeite, gewoonlik deur extortion.

’n Vrou van Elsies, Loretta Rubain (42), is sowat ’n week gelede doodgeskiet omdat sy geweier het om extor­tion-geld aan gangsters te betaal.

Dit was nadat sy ’n derdeparty claim van meer as R2 miljoen uitbetaal is. Die gangsters het geld geëis vir haar seun se protection. Hy is pas uit die tronk vrygelaat.

Nes in Rio is Mzansi se gangsters gewapen met die beste hardeware en hulle is ook nie bang om op cops en hulle choppers te vuur nie.

Suid-Afrika was in 2016 op die Global Peace Index (GPI) die 126ste “veiligste” land van 163 lande. Vanjaar is Mzansi 127ste. Of andersom: In 2016 was hy die 37ste gevaarlikste land van 163 lande op die GPI en deesdae die 36ste.

In Mei het twee mans Lucky Ma­hlangu van Putfontein in Gauteng doodgesteek oor ’n entjie. Dís wat sy lewe vir hulle werd was.

BusinessTech berig dat Suid-Afrika in 2016 $66,7 miljard aan geweldbekamping bestee het.

Teen die laaste sensus in 2011 was Suid-Afrika se bevolking byna 58 miljoen. So, sê 60 miljoen in 2016. Die land het daai jaar dus net meer as $1 000 per persoon bestee.

Maar daar is faktore wat nie in bedrae uitgedruk kan word nie. Soos die trane van ’n ma wie se seun doodgesteek is omdat hy nie ’n gangster wou word nie; of die vaderlike liefde wat kinders ontneem is omdat gangsters hulle pa doodgeskiet het vir sy weeklikse loon.

Daar is soveel emosionele wonde wat geld nie kan genees nie. En dit lyk nie asof die ontplooiing van die army in gangster infested gebiede op die Kaapse Vlakte werk nie.

Altesaam 43 slagoffers het verlede naweek gesterf, ondanks die ontplooiing van die army en meer polisielede.

Diegene wat gekant is teen die ontplooiing van die army, voer aan werkskepping vir jong mense en die hantering van maatskaplike probleme is die oplossing.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters