Verlede jaar
Ouers se lewe is vir ’n kind die handboek
 ~ 

EFES. 6:4 sê “En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”

Kinders is ? gawe van God en is baie kosbaar. Dit is so hartseer om te sien hoe maklik vaders hul kinders afstry en aanbeweeg asof ’n kind nie bestaan nie. Hoe leef jy met daardie gewete saam?

Kinders het die reg om groot te word met ’n vaderfiguur in hul lewe. God verlang dit van pa’s om hul kinders groot te maak in die vrese van Sy naam.

Dit is nie lekker om te aanskou hoe vroue hul kinders alleen grootmaak nie. Geen kind verdien om afgeskeep te word deur sy eie pa nie. Ek wil gou kortliks met twee soorte pa’s praat...

Die pa wat afwesig is:

Dalk het jy as jong man sonder ’n pa grootgeword en het jy daardie diep begeerte gehad om jou pa by jou te hê en toe dra jy daardie begeerte oor na jou kind. Jou eie kind moet nou saamleef met daardie begeerte en net jy kan daardie behoefte vervul. Tog hou jy jou steeds op ’n afstand. Wat jy as vader nie besef nie, is dat kinders groter raak en dan wil weet waar hul pappa is. Maak nie saak wat die verskille tussen jou en die kind se ma is nie, moenie toelaat dat dit jou kind beroof van ’n goeie vader­figuur nie.

Die vader wat min tyd met sy kind deurbring:

As ouer besef jy nie altyd hoe baie aandag ’n kind werklik nodig het nie. Ek het ’n vriend op laerskool gehad wat baie op sy pa staatgemaak het. Sodra iemand hom wou slaan, het hy geweet hy kan na sy pa toe hardloop. Maak nie saak of hy reg of verkeerd was nie, sy pa het altyd sy kant gekies.

Wat ek daaruit geleer het, is dat ’n pa ’n rolmodel is vir sy kind en dat hy ’n baie groot rol speel in sy kind se opvoeding. Maak nie saak hoe besig jou dag by die werk was nie, maak altyd tyd vir jou kind. ’n Pa se aandag aan ’n kind is baie kosbaarder as geskenke.

As pa moet jy jou geestelike verhouding met God opknap sodat jy kinders op die regte pad kan lei. Die doel van opvoeding is om eerbare en Godvresende kinders te kweek. Sulke kinders sal weet wat reg en verkeerd is.

Verkeerd opgevoede kind is 'n verlore kind, maar godvresende pa’s en goeie pa’s lewer godvresende kinders en goeie kinders op. Leer jou seun van kleins af om waarlik man en jou dogter om waarlik vrou te wees.

Ouers se lewe is die handboek waaruit kinders moet leer leef.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters