3 jaar gelede
Lewer vrugte in die wingerd
g Foto:  ~ 

“EK IS die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.” – Johannes 15:1-3

Soos die boer na sy wingerd omsien, so sien die Here om na ons.

Elke mens is ’n loot met ’n doel, en dít is om geestelike vrugte te dra en van Jesus te getuig.

In die teksvers word gewaarsku dat nuttelose lote afgesny sal word.

Dié lote word verbrand (vers 6). As jy nie tot bekering kom nie, is die kanse goed dat jy uiteindelik nes dié nuttelose lote in die hel sal brand.

Jesus belowe dat as ons in Hom bly, Hy ons sal bemagtig om vrugte te dra.

Is u vandag ’n loot aan God se wingerd? Ek hoop so.

Laat ons vandag aan God se wingerd bly en geestelike vrugte dra.

Laat ons vandag lote wees wat reg gesnoei is.

God staan vandag gereed om jou ’n ware loot van sy wingerd te maak.

As die wortels van die wingerd aan God gewy is, sal dit vir die blare ook geld.

Tuin

Jy kan die wingerd water gee, maar dit is God wat dit laat groei.

God berei ’n tuin voor waarin jy eendag geplant sal wees.

Moenie vrugte dra net wanneer die toestande vir jou gerieflik is nie.

Wees elke dag daarop ingestel om ’n goeie loot te wees.

Die Here het die aarde gemaak en alles daarop, en ’n pragtige deel daarvan is vir ons afgemeet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters