3 jaar gelede
Jesus gee vroue hoop
Foto:  ~ 

Matteus 9:20-22: ’n Vrou wat 12 jaar aan bloedvloeiing gely het, het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak.

Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.”

Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.

Die Bybel verwys na ’n vrou. Ons weet nie eintlik of dit ’n enkel-, geskeide of getroude vrou is nie.

Al wat ons weet, is dat sy vir 12 jaar ’n bloedvloeiingsprobleem gehad het. Haar toekomsplanne en drome was vir 12 jaar aan skerwe.

FISIEKE PROBLEEM

Die eerste probleem wat sy gehad het, was fisiek.

Weens haar bloedverlies het sy gewig en al meer energie verloor.

EMOSIONELE PROBLEEM

Vroue is emosionele wesens en sy was emosioneel platgeslaan.

Haar situasie was so erg dat dit haar depressief, hopeloos, magteloos, bang en soos ’n mislukking laat voel het.

SIELKUNDIGE PROBLEEM

Slapelose nagte, moegheid en ’n verlies aan eetlus was aan die orde van die dag.

’n Gebrek aan sosiale interaksie en interpersoonlike kontak was van die negatiewe uitwerkings van haar siekte.

FINANSIëLE PROBLEEM

Hierdie vrou het al haar beleggings en inkomste gebruik om dokters te betaal net om gesond te word.

Dit het haar bankrot gelaat.

’n Finansiële kwessie kan ’n huweliksprobleem veroorsaak, wat dalk die probleem kon gewees het.

OPLOSSING VIR HAAR SITUASIE

  • Sy het met haarself gepraat, tot haarself gekom en opgestaan.
  • Sy het nie omgegee of die toeskouers haar teruggedruk het nie, maar het deur haar omstandighede gebreek.
  • Sy het nie omgegee dat die wet haar as onrein verklaar het nie, maar geweet Jesus was die enigste uitweg vir haar genesing.
  • Sy het geglo as sy Jesus se kleed aanraak, sou sy genesig vind en dit was so.
  • Ommiddellik het haar hopeloosheid in hoop verander.

Ten slotte

Dit is Vrouemaand en baie vroue het verskillende uitdagings.

Dit sluit in egskeiding, ongeneeslike siekte, vroue of kinders wat aan dwelms verslaaf is, enkelouerskap, onvrugbaarheid, geen inkomste of ’n gebrek aan selfbeeld.

Baie vroue het moed verloor en wil die handdoek ingooi.

As Jesus die vrou kon genees wat vir 12 jaar bloedvloeiing gehad het en weer vir haar hoop gegee het, wat van jou? Daar is hoop, genesing, vrywaring en ’n deurbraak vir enige persoon wat besluit dat hulle hulp nodig het.

Jesus is die hoop vir die vertraptes. Ek bid dat elke vrou tot haar volle potensiaal sal kom.

Breek deur jou omstandighede. Jy is vir die hoogtes gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters