3 jaar gelede
In die moeilikste tye het ons troos
 ~ 

2 Korintiërs 1:10: Dit is Hy wat ons uit so ’n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red.

Ons almal ervaar elke nou en dan die een of ander moeilike tydperk.

Jy vat nie grond nie en weet nie of jy kom of gaan nie. Alles voel soos ’n las en niks wat enige niemand sê, laat jou beter voel nie.

Die werklikheid is dat ons almal die een of ander tyd deur ’n moeilike tyd gaan.

As ek aan moei­like tye dink, dink ek aan skoenlappers wat ure lank sukkel om uit hul kokon los te breek. Maar as jy die skoenlapper gaan probeer help, kan hy doodgaan. Die geveg om uit te kom, is wat die krag in die skoenlapper se vlerke ontwikkel om te vlieg.

God laat ons ook deur moeilike tye gaan.

Hy gee ons die moeilike tye om ons te troos. En dit is wanneer ons seergemaak is dat hy ons styf vashou, al voel ons soms nie Sy teenwoordigheid nie.

Hy doen dit sodat ons later ander kan troos. Ons wonde maak dat ons later, met die troos van God, ander kan help.

God weet ook wat moeilike tye en pyn is. Jesus het ’n menslike lewe gehad, maar ’n pynlike dood gesterf. Daarom is hy sagmoedig in ons lyding, al voel dit nie so nie.

Paulus noem ook in sy tweede brief dat ons deur moei­like tye gaan om aan die einde van die donker tonnel vir ander ’n inspirasie te kan wees en dat ons kan leer om meer op God te vertrou.

God vat egter nie altyd ons lyding weg nie en laat die moeilike tye ook nie verdwyn nie, maar Hy neem ons altyd deur ons lyding.

Ons vind ook troos in Romeine 5:3: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: Swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters