Verlede jaar
God sien jou as sy instrument
 ~ 

JEREMIA 18: 4: Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

Op die lewenspad lê daar talle manne en vroue wat eens ’n verskil in hul kerk en samelewing gemaak het. Dalk is jy een van hulle.

Jy was toegewyd in alles wat jy gedoen het.

Ongelukkig het iets in jou lewe gebeur wat jou seergemaak en geknak het. Toe het jy besluit dit is verby – jy is klaar met alles en almal.

Vandag worstel jy – moet jy die kans waag en weer opstaan? Wat as jy weer seerkry, wat as jy weer valslik beskuldig en verwerp word?

As jy dalk die een is wat jou tans in hierdie donker put bevind, wees verseker dat Jesus met jou is, ongeag hoe ver jy geval het.

Jy sê dalk: “Maar God, ek is deur ’n egskeiding, ek het my werk, huis, motor en status verloor. My seun of my dogter is aan dwelms verslaaf.

“Here, waar is U as dit so donker is en ek alleen voel?”

En dan, geliefdes, word ons herinner aan die woorde van Jeremia. “My kind, ek is die pottebakker en jy is die klei.”

Weet dat as alles wanhopig lyk, dan kom Jesus en sê vir jou: “Ek maak alles nuut. Ek vernuwe jou lewe. Ek bring nuwe hoop.”

Die wonder is, terwyl jy en ander jou dalk as ’n mislukking beskou, sien God in jou ’n bruikbare instrument – ongeag hoe ver jy dalk in die lewe geval of hoe seer jy gekry het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters