6 maande gelede
God se woord is die lig en krag wat jy kortkom
Foto:  ~ 

HAB. 3:17–18: Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.

Alles wat jy nodig het, is in die woord van die Here en in sy teenwoordigheid. God se woord is die master key vir jou bevryding. Buite sy woord is geen bevryding of deurbraak nie.

Ek profeteer jy gaan ’n deurbraak maak en in die naam van Jesus genesing, bevryding en restourasie beleef. Hoe weet ek dit? Ps. 107:20 sê vir ons: Hy het hulle met ’n enkele woord gesond gemaak, hulle­ aan die dood laat ontkom.

Soms kan donker dinge ’n mens oorweldig. In Ps. 119:130 staan dit bring lig wanneer God se woord vir mense oopgaan. Hiermee saam kan ons vashou aan Joh. 1:1-5: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oor­weldig nie.

Die Lig het in die donkerte geskyn en die mensdom se pad kom verlig. Deur die woord van die Here profeteer ek lig oor elke donker situasie in jou lewe, en oor elke siekte spreek ek genesing.

Wanneer ons dinge hardop uit die woord van God verklaar, gebeur daar in die geestelike wêreld dinge. Dink aan wat ons uit Heb. 4:12 te wete kom: Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

  • Maar Hy wat in jou is, is groter as wat in die wêreld is. As jy die woord van die Here ken, sal jy God ken. Jy sal weet wat die waarheid is. In Joh. 17:17 kry ons die versekering:

Die woord van die Here is ook groter as enige situasie. Onthou jy die verhaal in Lukas 5, waar ons lees hoe Jesus die man op die draagbaar met ’n blote woord genees het? Elkeen wat die woord ken, sal nie arm, siek of terneer­gedruk wees nie. God sal in elke behoefte voorsien deur die glorie wat daar is in Jesus Christus.

In Jesus se naam spreek ek oorvloed oor jou lewe uit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters