3 jaar gelede
Gebruik jou tong net vir goeie dinge
 ~ 

Jakobus 3:1-12: “My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word.”

So is die tong ook maar ’n klein liggaamsdeeltjie en tog het dit groot mag. ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek.

Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat na die beeld van God gemaak is.

Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie.

’n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie.

In vandag se lewe het baie jong mense ’n wrede dood gesterf as gevolg van die tong.

Hoeveel jong manne en vroue is vandag in die tronk as gevolg van die tong? Hoeveel is in hospitale as gevolg van wat gespreek is?

Ons sê vir mekaar net wat ons wil, ons maak mekaar innerlik seer, ons spreek onheil oor mekaar en verwens mekaar met die tong.

Baie huwelike ly skipbreuk as gevolg van woorde. Woorde veroorsaak dat sommige mense hulself tot dwelms wend. Ander wend hulle na die strate as gevolg van woorde wat gespreek is.

Die woord sê ’n kwaaddoener is hy wat met ’n vals tong rondloop. Die tong van die regverdige weet wat goed is en spreek net goeie dinge oor mekaar.

Roep vandag eerder die Here aan met jou tong. Vra Hom dat jou tong geen pyn of smart sal veroorsaak nie en gebruik dit eerder om ander te verhoog en te verheerlik.

Hou vandag jou tong in toom en vermy die verdeeldheid wat dit kan veroorsaak. Laat ons vandag eerder die Here loof en aanroep en dankbaar wees dat die Here daardie einste tong oorwin het deur vir ons aan die kruis te sterf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters