Verlede jaar
Beproewing duur nie vir altyd
 ~ 

KLAAGLIEDERE 3:1-33.

Ongetwyfeld leef ons in ’n uitdagende tydperk in ons land se ekonomiese en politieke konteks.

Sprake van sekerheid oor ’n rooskleurige en gemaklike aftrede of uittrede word vir baie landsburgers ’n vergrype na uitsigloosheid.

Onsekerheid en vrees is werklikhede wat al meer die vooruitsigte van jonk en oud stem tot moedeloosheid.

Die vraag na die werklike bestaan van God vervaag na hopeloosheid en die toename in armoede en onrus in die gemeenskap domineer die lewensomstandighede van menige landsburger.

Die woord korrupsie weerklank in die ore van die nasie en orde blyk daagliks te kwyn. Al hoe meer persone se bestaan word bedreig deur negatiewe aspekte.

Daar was ’n man wat in Klaagliedere 3 soortgelyke omstandighede beleef het.

Hy het gekla dat God hom met sy toorn geslaan en hom op ’n donker pad gejaag en sy lig verduister het.

God het hom weggestoot, het hy gesê. Sy liggaam teer weg en sy bene is gekraak.

Die ergste is dat God, volgens hom, ’n swaar ­ketting om sy nek gehang het. Hy is toegebou met ’n muur van gif en ontbering.

Klink dit nie baie bekend nie? Ek het in my eie lewenservaring ook al daar beland.

Vir my is hierdie beskrywing van die man in Klaagliedere 3 ’n eie belewenis.

Die storie van hierdie bedroefde, miserabele man neem ’n radikale nuwe wending ná vers 21. In ’n neutedop sê dit ... God is goed!

Glo u dit? Leef dit nou en altyd. Gee u moontlike kleingelowigheid prys.

Liewe leser, God skiet nie pyle in ons rug nie. Hy verskeur en vermink ons nie soos dit in verse 11, 12 en 13 vermeld word nie.

Nee, die Here verstoot ’n mens nie vir altyd nie. En as hy beproewing oor ons gebring het, ontferm hy hom gou weer, want sy liefde is groot.

Liewe leser, dit is teen sy sin dat hy mense in ellende en beproewing bring.

Moenie so bekommerd wees oor die toekoms nie.

Laat u planne aan die Here oor en hy sal jou planne uitvoer. Groetnis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters