Verlede jaar
Bely opreg en kry vergifnis
 ~ 

SPREUKE 28:13: Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.

Die voorwaardes waarop ’n mens genade van God ontvang, is eenvoudig en redelik.

Die Here verwag nie dat ons iets pynliks moet doen om vergifnis van sonde te ontvang nie.

Ons hoef nie lang pelgrimstogte en swaar boete te doen om ons by hom aan te beveel of sy uitdelging van ons sondes te verkry nie. Nee, maar hy wat sy sonde bely en versaak, sal genade ontvang.

Die apostel sê: Bely mekaar jul misdade en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word. Bely jul sondes voor God, wat dit alleen kan vergewe. En bely jul misdade teenoor mekaar.

As u ’n vriend of ’n buurman leed aangedoen het, moet u u skuld bely. En dit is dan ons plig om te vergewe.

Dan moet u God ook om vergifnis vra, want die broeder wat u leed aangedoen het, is die eiendom van God. Toe u hom benadeel het, het u ook teen sy Skepper en Verlosser gesondig.

Opregte belydenis is nooit vaag nie. Bepaalde sondes word by die naam genoem. Die sondes kan van so ’n aard wees dat dit alleen by God bely moet word.

God sal belydenis van sonde nie aanneem nie tensy dit met opregte berou en hervorming gepaardgaan.

Wanneer die sonde eers die sedelike gevoel verstomp, sien die sondaar nie die gebreke van sy karakter raak nie en hy besef ook nie die omvang van sy sonde nie.

As hy hom nie oorgee aan die werking van die Heilige Gees nie, sal hy blind wees vir die sonde.

  • Bennie du Plessis is van die United Congregational Church in Saldanhabaai.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters