Verlede jaar
Behandel mekaar mooi tot God kom
 ~ 

1 Tessalonisense 5:1 – 2: Oor die tyd en omstandigheid wanneer hierdie dinge sal gebeur, is dit nie nodig om aan julle te skrywe nie, broers. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos ’n dief in die nag.

Hoe sal ons weet dat die Here se dag naby is, wonder baie mense.

Julle weet mos al teen dié tyd dat ons nie sommetjies kan maak om self te probeer uitwerk op watter dag die Here kom nie.

Baie mense sal nog sê “ag nee, wat, alles is nog veilig, ons kan maar leef soos ons wil, die Here gaan nie nou al kom nie. Dan verskyn Hy skielik op die toneel.

Niemand sal op daardie dag kan wegkom nie.

Maar gelukkig hoef ons as gelowiges ons nie te bekommer nie.

Ons sal nie onkant gevang word wanneer die Here terugkeer nie.

Die gelowiges sal gereed wees, want ons leef mos altyd in die Here se lig.

Broers en susters, ons moenie onder mekaar stry en baklei nie.

Praat met mekaar as jy sien die geloof is klein.

Vertel mekaar van die Here se goedheid, ondersteun mekaar en wees geduldig met almal.

Gee om vir ander gelowiges en sorg dat julle ook reg lewe.

Wees altyd dankbaar teenoor God, al gebeur wat ook al met jou.

Moenie jou doof hou wanneer die gees met jou praat nie.

Luister na Sy stem. Laat Hy besluit wat jy moet sê, dink en doen.

Praat gereeld met die Here. Moet nooit moeg word om te bid nie, Hy hoor.

Christene moet mekaar vriendelik ontvang en met blydskap groet.

Christene staan vas in die geloof ondanks teenstand.

Mag ons wonderlike God en ons Here Jesus Christus so goed vir almal die gelowiges wees dat ons altyd op die regte pad sal stap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters