2 maande gelede
Weg met jou ringwurm
boereraat: Daar’s tricks om ringwurm te stop.Foto: newswise.com  ~ 

RINGWURM is eintlik glad nie ’n wurm nie, maar ’n fungus wat die keratien in jou vel vreet.

Dis maar ’n lelike besigheid wat jou vel laat jeuk en afskilfer. Dis veral algemeen onder kinders, maar volwassenes kry dit ook.

Behalwe vir die gewone medisyne oor die toonbank, is daar ook ’n paar boererate wat jy kan gebruik om daarvan ontslae te raak.

Jy kan tea tree oil gebruik deur dit te verdun met paar druppels water en dan die mengsel drie maal ’n dag op die aangetaste area te smeer.

Die jel van die aalwyn kan ook oor die area gevryf word. – Health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters