2 jaar gelede
Vat bendes nóú vas
Killer: Hitmen word nou uit ander plekke ingevoer. FOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

HET ons mense mal geword? Dis die vraag wat by ’n mens opkom wanneer jy koerante lees. Want dis net moord en doodslag.

Daar is omtrent geen respek vir mense­lewe oor nie, lyk dit. Elke dag staan mense in die Wes- en Oos-Kaap by oop grafte. Baie maal is die slagoffers onskuldige mense wat deur dwaalkoeëls uit bendelede se wapens getref is.

Maar meestal is dit ’n lid van die een of ander bende wat deur sy vyande afgemaai is – deesdae grootliks uit wraak. En die familie van bendelede is nie meer veilig nie, want hulle word nou geteiken. Dit is dié week geïllustreer toe bendes onlangs drie huise van familielede van die vyand in Worcester afgebrand het.

Dis kommerwekkend dat politici en polisie­hoës beloftes van streng optrede maak, maar dat dit leë beloftes bly.

Daarom is dit geen verrassing nie dat mense nou self opstaan teen die bendes en boendoe­howe al hoe meer as ’n oplossing beskou word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters