2 jaar gelede
Só word jy lief vir jou unieke self
Voel goed: Almal kan nie modelle wees nie, maar jy het ander sterk punte. Foto: topwalls.net  ~ 
ALMAL is nou nie supermodelle of beauty queens nie.
Maar hoekom moet almal wees? Wees pragtig op jou eie manier en raak lief vir jouself.
Hier is ’n paar tips om lief te word vir jouself.
) Hou op wens jy is iemand anders.
Elke mens is uniek met sy eie sterk- en swak punte. Miskien is jy nie so mooi gebou soos jou vriend nie, maar jy is snaaks en het ’n goeie sin vir humor.
Vergeet van die dinge wat jy nie is nie en konsentreer op dit wat jou uniek maak.
) Word gesond.
As jy moeg is daarvoor om oorgewig te wees, doen iets daaromtrent. Die enigste manier om gewig te verloor, is om op te staan en te begin oefen.
Los die gemorskos en eet meer groente en vrugte. Draf om die blok. Dis ’n goeie manier om jou hart te laat pomp en stres te verlig.
) Vergeet van die verlede.
Om te klou aan verhoudings van die verlede en harde woorde, vreet net aan jou siel. Sulke negatiewe dinge laat jou ook nie oop om nuwe mense te ontmoet nie en om nuwe ervarings te beleef nie.
Erken jy het foute gemaak, leer daaruit en gaan aan met jou lewe. Vergewe jouself en ander mense.
) Wees nice met mense.
Wanneer jy mense help, voel jy goed. Dit kos nie baie om vriendelik en ordentlik met mense te wees nie – selfs al ken jy hulle nie. Koop vir jou ma groceries met jou sakgeld en koop blomme vir jou beste maatjie. Net omdat jy kan.
) Sê nee vir negatiewe denke.
Jy is wat jy dink. Moenie die krag van positiewe denke onderskat nie. Dis eenvoudig. Hoe meer positief jy is, hoe meer goeie dinge trek jy aan. Wis die woord soos “ek kan nie”, “nooit” en “maar” uit jou woordeskat.
) Vind jou geluk.
Moenie vir iemand anders wag om jou gelukkig te maak nie – doen dinge en meng met mense wat jou gelukkig maak.
) Wees dankbaar.
Ondanks harde tye, vat ’n tydjie af en wees dankbaar vir wat jy het.
) Moenie obssesief raak oor verhoudings nie.
Jy hoef nie altyd in ’n verhouding te wees nie. Geniet tyd op jou eie en ook saam met familie en vriende. Jy sal die een of ander tyd iemand ontmoet.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters