2 jaar gelede
Rus in vrede, Kathy
Ahmed Katrada  ~ 

AHMED Mohamed Kathrada was ’n ware seun van Afrika. Hy het sy land onvoorwaardelik liefgehad – só lief dat hy 26 jaar van sy vryheid opgeoffer het sodat Suid-Afrika ’n beter plek kon raak.

Daarom was dit geen verrassing nie toe die huldeblyke van oral ter wêreld ingestroom het toe Kathy – soos sy comrades en familie hom genoem het – dié week gesterf het.

Kathrada was betrokke by die opspraakwekkende Rivonia-verhoor in 1964. Hy is destyds saam met ander ANC-leiers soos Nelson Mandela tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Hy het, anders as baie van sy ANC-kamerade, getrou gebly aan die tradisies en waardes van die party. Hy het nie geskroom om hom uit te spreek teen die magsvergrype en korrupsie waaraan baie van hulle hulle skuldig gemaak het nie.

Hy was ’n groot gees – iemand wat as morele kompas vir baie Suid-Afrikaners gedien het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters