2 jaar gelede
Regstelsel in SA werk
 ~ 

DAAR is baie instellings in Suid-Afrika wat nie werk nie. Maar een instelling wat beslis werk, is ons regstelsel.

Dis weer dié week bewys toe die hooggeregshof in Kaapstad ’n stokkie voor die regering se kernkragplanne gesteek het. Die hof het bevind die “geheime” ooreenkoms tussen die regering en Rusland, Amerika en Suid-Korea is ongrondwetlik en moet tersyde gestel word.

Verteenwoordigers van die organisasies wat die kernkrag-ooreenkoms teengestaan het, het dit bestempel as ’n oorwinning vir geregtigheid.

Dis nie die eerste keer dat die hof die regering van pres. Jacob Zuma bloedneus slaan nie.

Onlangs het die hooggeregshof beslis dat die nasionale vervolgingsgesag se besluit irrasioneel was om Zuma nie op 783 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery te vervolg nie.

Hierdie beslissings is bewys daarvan dat ons regstelsel nog vertrou kan word om sy werk regverdig en onverskrokke te doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters