2 jaar gelede
Mbeki-stigting soek rede
Pres. Jacob Zuma en oud-pres. Thabo Mbeki  ~ 

PRES. Jacob Zuma moet aan die land verduidelik waarom hy op sy kabinetsveranderinge besluit het, het die Thabo Mbeki-stigting Vrydag gesê.

Dit kom weens die “ongehoorde aard van en wydverspreide besorgdheid” oor die herskommeling, lui die verklaring.

Onder normale omstandighede sou dit nie vir Zuma nodig wees om veranderinge aan die uitvoerende gesag te verduidelik nie, maar oudpres. Mbeki se stigting meen “die omvang van die kabinetskommeling en die omstandighede waarin dit plaasgevind het, is nie normaal nie”. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters