2 jaar gelede
Mbalula het ’n punt
Nuwe polisie minister, Fikile Mbalula, by sy verwelkomingsparade.  ~ The Citizen

POLISIEBEAMPTES verrig ’n ondankbare taak. Hulle is nie net in gewetenlose misdadigers se visier nie, maar dikwels word hulle ook deur die gemeenskap aangeval wanneer hulle teen bendelede optree.

Baie van hulle sterf aan diens. Daarom is dit eienaardig dat opposisiepartye dié week die nuwe polisieminister gekritiseer het omdat hy sy lede aangemoedig het om hulself te verdedig. Beveg vuur met vuur, het Fikile Mbalula gesê.

En dis reg, want as die polisiemanne- en vroue hulself nie gaan verdedig nie, wie gaan die publiek verdedig? Die kritici sê sy uitlatings is roekeloos en kan tot lewensverlies lei. Wat hulle vergeet, is dat koelbloedige moordenaars se optrede tot lewensverlies lei en nie die woorde van die minister nie.

Wat hulle ook uit die oog verloor, is dat hy polisielede aanmoedig om hulself binne die raamwerk van die wet te verdedig – nie om lukraak op mense te skiet nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters