2 jaar gelede
Help jou arts om jou gouer te help
Vra vrae: Berei jou voor voordat jy dokter toe gaan sodat hy jou makliker kan help. Foto: ytimg.com  ~ 

KYK, niemand besoek die dokter vir plesier nie.

En dit is vrek duur.

As jy dokter toe gaan, moet jy die meeste uit daardie besoek kry.

Moenie blindelings instorm nie. Waarom besoek jy die dokter nou eintlik?

As jy hom ’n paar helder vrae vra, sal hy ook makliker kan uitvind wat fout met jou is.

Weet maar wat jou algemene gesondheidstoestand is. Rook jy? Drink jy? Gebruik jy hartpille? Wat is jou familie se gesondheidsgeskiedenis?

Moenie bang wees vir stupid vrae as dinge nie vir jou duidelik is nie.

En speel maar oop kaarte as jy daar is.

En jy is geregtig op ’n tweede opinie as daar dan nog steeds onduidelikheid is. – Health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters