2 jaar gelede
Eer moeders elke dag
 ~ 

VANDAG word Moedersdag gevier. Maar vir talle ma’s – veral op die Kaapse Vlakte en die Northerns van Port Elizabeth – is daar geen rede om fees te vier nie.

Want baie van hul kinders is vasgevang in die greep van gewetenlose bendeleiers of is verslaaf aan dwelmmiddels. Baie van die ma’s self lei ’n uitsiglose bestaan, waarin werk skaars is en hulle afhanklik is van die staat se karige, maandelikse maatskaplike toelaag.

Sommige moeders sit met gebroke harte, want hulle wonder waar hul kinders is.

Baie kinders toon geen respek vir hul ma nie en maak en breek nes hulle wil. Hulle besef nie watter onreg hulle die vrou aandoen wat so swaar aan hulle die lewe geskenk het en so baie vir hulle moes opoffer nie.

Ma’s verdien ons almal se bewondering en respek. Hulle is die ruggraat en steunpilare van ons gemeenskappe en ons moet hulle elke dag eer en loof, nie net op Moedersdag nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters