2 jaar gelede
Boererate om sinusitis te verlig
hulp: Daar is ’n paar goeie boererate vir sinusitis. Foto: ytimg.com  ~ 

DIE lente is op pad en dan sukkel baie mense met sinu­sitis. Hier is ’n paar boererate om dinge te verlig:

  • Drink minstens agt glase water om die slym te verdun. Medikasie kan jou dors maak.
  • Probeer jou “stoom” deur die stoom van ’n warm ketel in te asem. Wees net versigtig dat jy jouself nie brand nie.
  • Slaap met jou kop hoër as jou lyf.
  • Vermy maar die voggies, want dit dehidreer jou en maak die slym dikker.
  • Meng sout, koeksoda en water en spuit dit met ’n spuitnaald (sonder die naald) in jou neus om jou sinusholtes skoon te spoel. – Health24.com
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters