Verlede maand
Bly weg van rou brak-kos
ONGESOND: Rou kos vir jou brak is die in ding, maar kan gevare vir jou inhou.Foto: CONSUMERREPORTS.ORG  ~ 

DAAR is mos nou ’n trend om jou brak sulke designer- rou kos, veral vleis, te voer.

En baie mense sê dis goed vir jou brak, maar miskien nie so goed vir jou nie.

Nuwe navorsing toon hope slegte bakterieë kan in die rou kos wees, wat sleg kan wees vir die mense wat saam met daai brak leef. Dis veral sleg vir bejaardes, kinders en mense met ’n verswakte immuniteitstelsel.

En bakterieë soos E. coli en salmonella in die kos kan ook die arme dier ’n erge loopmaag gee.

Onthou, anders as met droë kos word rou vleis nie behandel met hitte of gevries om dit te pasteuriseer nie. – Health24. com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters