7 maande gelede
Weduwee moet op haarself fokus
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is nege jaar al ’n weduwee en het twee seuns.

Nadat my man in ’n kar­ongeluk dood is, het die lewe ’n stryd geword met geldsake, om liefde te vind en my oudste in rehab van dwelms te red.

Het ek slegte karma of is daar ’n duister mag wat my verhinder om gelukkig te wees?

Ek het my huis en kar verloor; my seuns is uit die huis en ek sien om na my siek ma. Ek is so eensaam en desperaat vir jou hulp.

Ek sukkel ook erg om vrede te maak met dinge in my ver­lede. My man het soveel donker geheime gehad, soos ’n affair met my beste vriendin.

Hy het my bankrekeninge leeggemaak en ek het die geld nooit weer gesien nie.

Ál sy skuld was ses maande agterstallig.

Ek is net 39, maar het soveel ontberinge en smart verduur, ek smag na geluk en iemand in my lewe. Anoniem

Mevrou, om nege jare te wroeg, is gans te lank. Dit voel vir my asof jou man jou steeds beheer, al is hy in die graf.

Verbreek sommer dié week bande met die verlede, want dis binnekort weer nuwemaan (dus, vernuwing) in die Huis van die Visse (wat alles beheer wat emosie betref).

Skryf alles waaroor jy kwaad is, berou het en wat jou seermaak, in ’n brief, vou dit drie keer, brand dit en spoel die as in die toilet af.

Vra God dan in ’n brief alles wat jy in jou lewe wil hê – jou materiële en geestelike wense.

Vou dit dan drie keer, brand dit en blaas die as in die lug in.

Onthou net, ander mense, ook ’n partner, gaan jou nie gelukkig maak nie.

Net jý kan, want jy is in beheer van jou eie geluk. Begin jouself eers liefhê en raak ontslae van ál jou lewenslaste.

Jy het soveel lewenslaste dat jy ’n moontlike partner sal afskrik of vir die verkeerde een sal val. Suiwer dus éérs jou hart.

Elke oggend wanneer jy opstaan, sê vir jouself: Ek wil vandag gelukkig wees, so ek gaan vandag gelukkig wees.

Ongelukkig kan jy jou seun nie nou van drugs red nie, want jy moet eers na jouself omsien. Eers wanneer jy self vrede het, kan jy hom help.

Iets positiefs: Ek sien oor drie maande ’n werkaanbod wat jou vars moontlikhede sal bied.

Hou ook sommer altyd vars blomme in die huis vir genesing en krag.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of stuur ’n e-pos aan albert@ kaapseson.com, of kyk by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters