2 maande gelede
Vrou moet helper wees en nie skapie
 ~ 

BESTE Bruno

My kleure is blou, wit en swart.

Ek is op 21/10/1977 gebore.

Ek het God se hand van ’n jong ouderdom af in my lewe ervaar. Ek het net nie verstaan wat ek sien of voel nie.

Teen my 30ste verjaardag het ek soort van verstaan hoe my lewe moes gewees het. God het my dinge gewys wat sy wil was en wat ek moes gedoen het, maar nie gedoen het nie.

Ek sien ander mense lewe my lewe. Almal doen wat ek wou gedoen het, maar ek het dit nooit gedoen nie. Nou is hulle gelukkig en ek is ongelukkig.

Ek het nie kinders, ’n man of ’n werk nie.

Ek het ’n lae selfbeeld en is baie insecure. Die een man (1/9/1969) vir wie ek lief is en altyd sal wees, het ek verloor. – Anoniem

Ek is bly jy loop so naby aan God. En dié nabyheid aan God is vandag die sleutel vir die boodskap.

Die enigste misverstand wat ek hier sien, is dat jý die reëls wil maak en nie God se pad wil loop nie.

Elkeen van ons het ’n unieke lewenspad wat deur God bepaal word. Maar nou vergelyk jy jouself met ander mense en hul lewenspaaie.

Die Engelse praat van “living vicariously through others” – om jou geluk deur ander te probeer uitleef.

Jy wil dus soos die ander skapies leef en dan sien jy nie jou eie talente en gawes raak nie.

Maar jy is nie ’n skapie nie.

Jy is baie meer spesiaal vanweë jou band met God. Vergeet van die ander skapies, want God het ander planne vir jou.

Vanweë jou diepte en insig kan jy diens as helper van gebroke mense lewer.

Jy kan dit begin doen bloot deur plekke soos hospitale, ouetehuise, klinieke en kerke te besoek. En jy moenie vra vir betaling nie.

So sal jy mense ontmoet wat jou later sal bystaan met ’n vaste werk. As jy dié raad volg, sien ek dat jy binne so ses tot agt weke nader aan ’n vaste werk sal beweeg. En op die ou end ook ’n vriend.

Jou kleure weerspieël ook jou uitkyk tans op die lewe.

Blou is die kleur van die lug en die hemel. Dit dui op jou drang om uit te styg.

Maar die swart en wit wys dat jy jouself altyd met ander vergelyk. En dít moet jy nooit doen nie. Dis dáár waar daardie swak selfbeeld vandaan kom.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai, 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson. com, of gaan kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters