Verlede maand
Vetplantjies trek geld na jou huis
 ~ 

BESTE Bruno

Ek wil baie graag vir Bruno sien en met hom praat oor my ­lewe­.

Ek is getroud en het twee seuntjies.

Ek het my werk twee maande gelede verloor.

Ek wil weet wat die toekoms vir my en my familie inhou.

Ek is regtig baie bekommerd.

Ek bid en praat baie met God.Anoniem

Kom ons begin by die begin.

Dit was dié week volmaan in die huis van die Steenbok.

Die Steenbok is die heelal se rekenmeester of boekhouer.

Alles moet nou agtermekaar gekry word. Jy moet ook jou huis in orde kry.

Ál die ou “speelgoed” (geestelike en fisieke goed wat stukkend of sleg is vir jou) moet nou uitgegooi word of jy moet daarmee wegdoen.

Die Steenbok sê vir jou jy moet weer die balans in jou lewe vind en die ekstra bagasie afskud.

Ek sien jy het baie opregte bedoelings.

Jou liefdeslewe sukkel op die oomblik so ’n bietjie, maar dit is te verstane, want jy is baie bekommerd.

Die feit dat jy jou kinders meld, wys dat daar verant­woordelikheid en liefde teenoor hulle is.

Ek wil jou ietwat gerusstel oor die toekoms. Ek voorsien dat daar binne vier tot agt weke ’n permanente werk vir jou wag.

Ek sien jy gaan ’n oudkollega of vriend ontmoet. Uit dié ontmoeting sal daar ’n werk kan spruit.

Daar gaan vir jou twee geleenthede wees om uit te kies.

Ek is bly jy bid. Maar ek wil ook sê as jy bid, is dit soos ’n oproep na Bo.

As jy aanmekaar bid, kan dit beteken dat jy seine en tekens (oftewel oproepe) blokkeer wat na jou kant toe kom.

Sit vir jou ’n tyd opsy om te bid, maar gee jouself ook kans om ander boodskappe te ontvang.

Jy kan die volgende mantra opsê: “I give thanks for the perfect job coming my way in grace and in perfect ways.”

Jy kan ook ’n paar inheemse crassula-vetplantjies koop.

Hulle word ook die geldplante genoem.

Sit een saam met drie 50c­munte in die potjie aan die regterkant van jou voordeur.

Sit ook een in die verste linkerhoek van jou woonkamer. Dis jou geldhoek.

Jy kan ook een in die noordekant van die huis sit om geld te trek.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson. com, of gaan kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters